Meest recent

Verpligte dra van maskers se dae is dalk getel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-22

"Die minister van gesondheid, Joe Phaala, is volgens mediaberigte ten gunste daarvan dat die koronavirusregulasies wat vereis dat maskers binnenshuis gedra moet word en dat die grootte van byeenkomste beperk word, geskrap word."

Waar is Zondo se verslag?

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-21

"Die vyfde, en laaste, gedeelte van die verslag sal nou Woensdag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig word. Dit moes reeds verlede week oorhandig gewees het, maar is volgens die kommissie uitgestel weens ‘sekere uitdagings’ wat hom verhinder het om die verslag gereed te hê."

Tanzanië – veel meer as Kilimandjaro, Zanzibar en die Serengeti

Ingrid van der Walt Reizen 2022-06-20

"Is dit die relational element hier waarvan Eric gepraat het wat dit toelaat? Iets wat ons in Suid-Afrika verloor het? ’n Tipe ongeskrewe verstaan. ’n Ooreenkoms. Ek, jy, ons. Myne, joune, ons s’n."

Gedeelde geskiedenis tussen Nederland en SA is dig verweef

Maryke Roberts Cultuur 2022-06-17

"Die #cocreateSANL Identiteit-ervaringsfees is van 4 tot 6 Junie 2022 in Kaapstad gehou. Sommige besprekings was virtueel, maar verskeie vertonings en uitstallings is by Iziko Museums, die Kunstekaapteater en die Kasteel van Goeie Hoop aangebied."

Voertaal: Van Afrikaans gepraat

Voertaal Nieuwsbrief 2022-06-17

Voertaal: Van Afrikaans gepraat

Minister maak 180-grade-U-draai oor Afrikaans by Taalmonument

Jean Oosthuizen Over taal 2022-06-16

"Dit is alle Afrikaanse mense wat lief is vir Afrikaans se oorwinning."

Onderwyswet is glo ongrondwetlik en bedreig Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-16

"Soos wat reeds in die onlangse verlede deur verskeie uitsprake van die Konstitusionele Hof bevestig is, is beheerliggame as verteenwoordigers van ouers, leerders en plaaslike skoolgemeenskappe volgens AfriForum veel beter in staat om die behoeftes van hul skole te bepaal."

’n Stikstofkrisis, die koloniale verlede en ’n bietjie goeie nuus

Milton Webber In het nieuws 2022-06-15

"Nederland moet sy stikstofproduksie verminder, wat beteken sommige boere sal hul bedrywighede moet staak; ’n Nederlandse entrepreneur bou ’n elektriese motor wat 1 000 km kan aflê voordat dit weer gelaai moet word; koning Filip van België het verlede week in die Kongolese parlement erken dat die koloniale oorheersing verkeerd was; daar is ’n skerp styging in die getal COVID-19-infeksies, maar geen noemenswaardige styging in hospitaalopnames nie; en die Concertgebouw-orkes spog met ’n bloedjong nuwe hoofdirigent."

’n Toets vir Afrikaans se goeie kant

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-06-15

"Maar ek vermoed dat die Ryanair-omstredenheid ook aan die Afrikaanssprekende gemeenskap ’n geleentheid bied om die goeie van die taal op die voorgrond te plaas. Ons moet die slegte publisiteit teenwerk deur die (Engelssprekende) wêreld daaraan te herinner dat Afrikaanssprekendes hul taal omvorm het van ’n 'minderwaardige', 'kombuis' en verdelende taal tot ’n wetenskaps-, sake-, innoverings-, kreatiewe, versoenings- en toekomsgerigte taal; ’n taal wat verwelkomend, insluitend en omhelsend aanslae trotseer, vanself opstaan, afstof en aanhou vorentoe beur."

Ondersoek gevra na korrupsiebewerings in hoofregter se kantoor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-15

"Daar is glo later ontdek dat hulle 30% van die aandele in ZA Square besit, ’n firma wat sowat R67,5 miljoen sou kry uit die kontrak wat hulle help opstel het. Die DA sê dit ruik na korrupsie, en dit moet so gou moontlik ondersoek word."

Blydskap na Ramaphosa ’n stokkie steek voor ATM se naamsverandering

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-14

"Ramaphosa het verlede week die versekering in die parlement gegee dat die ATM nie gedwing sal word om sy naam te verander nie."

Persverklaring: Retoervloot en die 1713 pokke-epidemie

Voertaal SASNEV 2022-06-13

"Ons groot vriend en Suid-Afrikaanse volkskat gaan ons op Saterdag 18 Junie by SASNEV (Pinelands, Kaapstad) toespreek oor sy nuwe boek Retoervloot."

Het konijnenhol in

Hendrik-Jan de Wit Literatuur 2022-06-13

"Het lezen van Op weg naar De Hartz vraagt om een bijna sofistische houding. Als je meegaat het konijnenhol in, beleef je grootse momenten en ervaar je indrukwekkende gebeurtenissen. Maar het is draaien om de navel waarnaar je staart."

Vra die veearts: Gemmerkatmannetjie met ’n urine-infeksie

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-06-11

Madeleine skryf: "My gemmerkatmannetjie het ’n urine-infeksie. Wat kan ek hom gee, asseblief?"

Woede oor vroueslaner se ligte vonnis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-10

"AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê hulle het gehoop dat meer gedoen sou word om toe te sien dat die beeldmateriaal op rekord geplaas word sodat die landdros eerstehands Swart se gewelddadige optrede teenoor sy vrou kon sien."

Duisende gekant teen naamsverandering van Afrikaanse Taalmonument

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-09

"Volgens die ondertekenaars kom dit neer op ’n growwe aanval op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – en veral op die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap, waar die Taalmonument geleë is."

Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman

Herman Wasserman, Menán van Heerden, Izak de Vries Actueel 2022-06-08

Herman Wasserman vertel vir Izak de Vries en Menán van Heerden oor sy jongste twee projekte: ’n boek, Disinformation in the Global South, en ’n verslag, "Meeting the challenges of information disorder in the Global South".

Vra die veearts: Hond diskrimineer teen vrou

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-06-08

Lara skryf: "Die grootste probleem is dat sy teen my opspring en my krap met haar naels wanneer sy opgewonde is, en sy hou nie op as ek haar wegstoot of sekere woorde gebruik nie. Sy sal dit nooit waag om teen my man op te spring nie."

Nog ’n kindermoord en nog oorstromings

Milton Webber In het nieuws 2022-06-08

"Die negejarige Gino uit Maastricht se liggaam is gevind; die hofsaak rakende die moord op misdaadjoernalis Peter R de Vries het Dinsdag begin;  België steier onder die swaarste oorstromings in 20 jaar; Nederland moet dalk tog gas in Groningen win; ’n pakkie sigarette kan teen 2040 sowat €47 (R773,99) kos; die Nederlandse Spoorweë het met ’n blink plan vorendag gekom om die nypende personeeltekort die hoof te bied; en koningin Máxima verras met ’n valskermsprong."

SA juig oor Guptas, maar uitlewering kan maande sloer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-06-08

"Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag gesê Suid-Afrika sal voortgaan om met die VAE saam te werk en volgens Suid-Afrikaanse amptenare vind uitleweringsgesprekke reeds met die VAE plaas. Die uitleweringsproses vanuit die VAE na Suid-Afrika kan egter maande neem."

Verified by MonsterInsights
Top