Jean Oosthuizen

Joernalis

Voer Zuma iets in die mou?

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-23

"Daar word wyd bespiegel oor die redes waarom Jacob Zuma minder as ’n maand voordat sy korrupsieverhoor moet begin, skielik sonder enige regsverteenwoordiging sit."

Regering "behep" met "Kubaanse kundigheid"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-22

"Die regering word uit verskeie oorde daarvan beskuldig dat hy behep is met sogenaamde Kubaanse kundigheid. Dit volg na ’n omstrede besluit om 24 Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika te laat kom om die Departement van Water en Sanitasie (DWS) te help om probleme met waterinfrastruktuur op te los en om hulle kennis te deel."

Bewerings van rassisme by Universiteit Kaapstad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-21

"AfriForum se jeugvleuel beskuldig die Universiteit van Kaapstad (UK) van voortgesette rassisme op die kampus. Hulle eis onder andere die afdanking van een van die universiteit se dosente."

Vlammesee saai verwoesting om Tafelberg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-20

"Die EFF sê egter in hulle verklaring hulle neem met spyt kennis van die brand en veral die 'tragiese' brand by die Jagger-biblioteek. Die geskiedenis wat as gevolg van die brand verwoes is, is onberekenbaar en moet ’n teken wees vir alle instellings van hoër onderwys om te sorg dat argiewe en belangrike dokumente gedigitiseer word, sê die EFF in hulle verklaring."

Zuma berei voor vir tronk en speel martelaar

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-16

"In aanloop tot die Konstitusionele Hof se uitspraak teen hom het die oudstaatshoof die afgelope week ’n uitdagende brief aan hoofregter Mogoeng Mogoeng gestuur. Daarin verklaar hy hom bereid om liewer tronk toe te gaan as om sy samewerking te bied om sy kant van die saak te stel."

AfriForum sit veldtog teen boelies by skole voort

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-15

"AfriForum se teenboelieveldtog skep sedert 2017 regoor die land bewustheid en bemagtig laerskoolleerders om teen boeliegedrag op te staan en sélf ’n verskil in hul skole te maak. Die organisasie het ook ’n teenboeliegids en ’n selfdoodbewusmakingsveldtog aanlyn op die internet beskikbaar gestel vir ouers en onderwysers om afknouery by skole te help hokslaan."

ANC moet dié week besluit wie staan almal opsy

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-14

"Die ANC se provinsiale strukture moet voor die einde van die week, meer bepaald voor die einde van Donderdag se werksdag, die name indien van sy lede wat aangekla word van korrupsie en ander ernstige misdade."

Universiteit Stellenbosch verwelkom "robuuste" taaldebat

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-13

"Die US het op hulle webwerf bevestig dat hulle ’n memorandum van die DAK Netwerk in ontvangs geneem het. Die universiteit sê die memorandum hou verband met die universiteit se hersiening van die taalbeleid, en spesifiek met die posisie van Afrikaans wat vir die organisasie van belang is."

SA Akademie "betreur taaldebakel" oor Afrikaans by US

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-09

"Die SA Akademie se toetrede tot die taaldebat op Stellenbosch, geskied op die vooraand van Vrydag (9 April) se optog deur hoofsaaklik bruin taalaktiviste en Afrikaanse akademici teen die toenemende verengelsing van die US. Die Akademie sê dit wil voorkom of die waarde van Afrikaans deur die US geringgeskat word. Vrydag se optog deur Stellenbosch se strate is die eerste stap van ’n rollende protesaksie teen die toenemende verengelsing van die universiteit."

Al hoe meer partye eis Lesufi se kop

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-08

"Die storm wat om die kop van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, losgebars het na sy uitsprake oor tenders wat glo sy eie mense moet tevrede stel, het uitgebrei nadat nóg ’n party sy kop geëis het."

Die COVID-19-krisistyd lei tot angs, depressie en ander krisisse

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-07

"’n Sogenaamde welstandsbarometer is deur Solidariteit begin om mense te help om hierdie moontlike krisisse te hanteer."

Zuma vaar uit teen ANC se top ses

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-06

"Politieke ontleders is dit eens dat die volgende 30 dae van die onstuimigste tye in die ANC se geskiedenis gaan wees hangende die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Zuma en wat Ace Magashule gaan doen wanneer die 30 dae om is."

AfriForum eis Cele se afdanking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-01

"Die onlangse onthulling dat die SAPD se interne stelsels waarop onder meer bewysstukke gestoor en geliasseer word, al maande lank buite werking is, is maar net een voorbeeld van Cele se nalatigheid, sê AfriForum in hulle verklaring."

Ace Magashule se uurglas loop leeg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-31

"Indien hy sou weier om self sy kantoor te ontruim, is die tafel gedek vir ’n moontlike bloedige stryd tussen die opponerende faksies in die ANC wanneer hy geskors word, net soos destyds toe Julius Malema uit die party geskors is."

Departement Afrikaans en Nederlands in opstand oor Afrikaans by US

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-30

"In ’n ongewone stap het die US se Departement Afrikaans en Nederlands nou ook tot die stryd toegetree. Die departement het die universiteit se standpunt oor Afrikaans skerp gekritiseer in ’n ope brief aan die rektor, Wim de Villiers."

Verified by MonsterInsights
Top