Jean Oosthuizen

Joernalis

Regering moet sy sokkies optrek met inentings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-03-02

"Beide die DA en die Vryheidsfront Plus het in verklarings gesê die regering doen nie genoeg om die inentingsprogram glad te laat verloop nie."

Internasionale woede oor Suid-Afrikaanse vrou wat kameelperd skiet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-26

"Hoewel sy ook steun op sosiale media ontvang vir haar uitgesproke standpunt ten gunste van trofeejag, was die meeste reaksies uiters negatief teenoor haar."

Verdere verligting van COVID-19-inperkings gevra

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-25

"Daar word gegis dat die nasionale inperkingsregulasies as gevolg van COVID-19 binnekort verder verslap kan word. Dit volg na Woensdag se kabinetsvergadering en die voortgesette daling van die gemiddelde aantal nuwe infeksies van COVID-19."

Regering verswyg ware matrieksyfers, sê DA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-24

"Terwyl die minister van basiese opvoeding, Angie Motshekga, met ’n slaagsyfer van byna 80% spog, sê die DA die ware syfer is bykans die helfte minder as die groot uitvalsyfer van skoliere wat voor matriek die skool verlaat in ag geneem word."

Die President waarsku teen ondermyning van die Grondwet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-23

"Ramaphosa sê in sy nuusbrief die land se demokratiese Grondwet is die produk van jare se opoffering en stryd."

Talle vrae na bekroonde joernalis vals nuus versprei

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-19

"Die voorval, wat die reeds beleërde media opnuut in ’n geloofwaardigheidskrisis gedompel het, spruit uit ’n rubriek wat Pauw in verlede week se aanlyn koerant Daily Maverick geskryf het."

Gedrukte koerante op hul sterfbed

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-18

"Moneyweb wys op hulle webwerf daarop dat die afname in dagblaaie se sirkulasie geen nuwe of slegs ’n Suid-Afrikaanse verskynsel is nie."

Suid-Afrika steeds opgeskeep met "nuttelose" entstof uit Indië

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-17

"Suid-Afrika sit op die vooraand van ’n massiewe landwye inentingsveldtog teen COVID-19 steeds opgeskeep met die een miljoen dosisse AstraZeneca-entstof uit Indië waarmee plaaslik niks uitgerig kan word nie. Netwerk24 berig dat die eerste besending (vermoedelik 80 000 dosisse vir gesondheidswerkers) van die Johnson & Johnson (J&J)-entstof het Dinsdagaand by die OR Tambo-lughawe in Kempton Park arriveer. Dit is oornag na 20 entstof-sentrums in elke provinsie versprei."

Zondo wil Zuma tronk toe laat stuur

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-16

"Die voorsitter van die staatskapingkommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, sê sy kommissie gaan die Konstitusionele Hof vra om vir Zuma tronk toe te stuur as bevind word dat hy die hof se beslissing geminag het om voor die kommissie te verskyn."

Geen einde in sig van nasionale ramptoestand nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-12

"Die meeste waarnemers sê Suid-Afrikaners moet soos die res van die wêreld besef die hele landskap van hulle bestaan het verander."

Laaste pogings om onteiening sonder vergoeding te stop

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-11

"Die wetsontwerp is in Oktober 2020 gepubliseer en aan die parlement en die relevante komitees voorgelê om die grondwetlikheid en mandate daarvan te bespreek. Die publiek kon kommentaar oor die wetsontwerp indien tot die oorspronklike sperdatum van 10 Februarie vanjaar, wat intussen verleng is tot 28 Februarie."

Ses van wêreld se gevaarlikste stede is in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-10

"Die statistiekwebtuiste Numbeo.com, wat dié opname doen oor lewenskwaliteit, hoe duur dit is om stede te woon, misdaadindekse en eiendomskoste regoor die wêreld, sê die opname oor misdaad in stede vir 2021 was ’n persepsie-indeks wat gebaseer was op respondente se gevoelens oor misdaad eerder as op misdaadstatistiek."

Verwarring oor doeltreffende COVID-19-entstof vir Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-09

"Navorsing het aangedui dat die AstraZeneca-entstof slegs 22 persent doeltreffend is om matige gevalle van die Suid-Afrikaanse variant van die virus te verhoed."

Zuma en Malema hou ’n Nkandla-teepartytjie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-05

Netwerk24 berig dat Julius Malema en EFF-afgevaardigdes Vrydagoggend in ’n helikopter by oudpres. Jacob Zuma se Nkandla-woning in die noorde van KwaZulu-Natal aangeland het.

Druk neem toe dat Zuma vervolg word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-02-04

"Die ANC in die Oos-Kaap, wat tans gelei word deur een van president Cyril Ramaphosa se vertrouelinge, Oscar Mabuyane, het die afgelope naweek tydens hul lekgotla besluit Luthuli-huis moet ’n interne dissiplinêre verhoor teen Zuma instel omdat hy die Grondwetlike Hof se uitspraak openlik minag."

Verified by MonsterInsights
Top