Kroeë en kerke weer oop, maar hofsake gaan voort
2021-02-03"Vinpro sê in hul verklaring daarom sal hulle voortgaan met die aansoek, wat op 27 Januarie 2021 by die Kaapse Hooggeregshof ingedien is, om tussentydse regshulp aan te vra wat die premier van die Wes-Kaap die mag sal gee om van die algehele en landswye verbod af te wyk om die verkoop van drank op persele en vir tuisverbruik in die Wes-Kaap moontlik te maak. Soortgelyke verligting met betrekking tot die ander provinsies sal versoek word."
Zuma daag land se hoogste hof uit
2021-02-02"Zuma sê gedurende al die jare se stryd om vryheid het hy nooit kon dink dat die dag sal kom dat ’n demokratiese regering in Suid-Afrika wat op grondwetlike waardes gebou is, net soos die apartheidsregime sal optree deur ’n regsproses te skep wat sekere individue in die gemeenskap teiken nie."
Die Konstitusionele Hof, Zuma en Zondo
2021-01-29"Oudpresident Jacob Zuma het Donderdag vir die soveelste keer ’n bloutjie in die hof geloop. Die Konstitusionele Hof het hom naamlik verplig om voor die Zondo-kommissie te verskyn en getuienis te lewer in die ondersoek na staatskaping. Regter Zondo het vroeër gesê Zuma is deur meer as 30 getuies geïmpliseer en hy kan dit hogeneaamd nie net daar laat nie."
Godsdiensleiers wil hof toe oor toe kerke
2021-01-28"Kerkgenootskappe in Suid-Afrika is verdeeld oor die vraag of daar ’n verbod moet wees op godsdienstige byeenkomste om die verspreiding van COVID-19 te probeer bekamp."
Wynboere en bierbrouers staar ondergang in die gesig weens drankverbod
2021-01-27"Volgens die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) is ’n kombersverbod op alle alkohol die stompste instrument wat die regering kán gebruik om ’n delikate operasie mee uit te voer. Intussen bloei honderde wynplase en tientalle dorpe dood, gaan werksgeleenthede vinniger verlore as wat COVID-19-geld in die staatsdiens wegraak en dreig een van Suid-Afrika se oudste landboubedrywe om deur die vloer te gaan."
"Magsugtige" regerende party steek stokkie voor die opposissie party se planne vir entstof
2021-01-22"Die Wes-Kaap se premier het in ’n onderhoud met die radiostasie Cape Talk gesê die provinsie beplan om hulle eie vaksines te bekom aangesien hulle nie op die regering kan staatmaak as die enigste verskaffer van die entstof nie."
Drankverbod se rimpeleffek dwing ekonomie op sy knieë
2021-01-21"Die rimpeleffek van die verbod op die land se wyn-, drank- en gasvryheidsbedryf is besig om die land se ekonomie enorme skade te berokken en selfs graanprodusente ly nou daarsonder. Alkohol word vervaardig uit grondstowwe wat van landbou afkomstig is, onder andere moutsorghum, moutgars, mielies, aartappels en druiwe. Sommige van hierdie produkte is direk afhanklik van brouerye wat betref die vraag, en produsente daarvan staar verreikende gevolge in die gesig indien dit nie verwerk word nie."
ANC dreig Carel Niehaus met skorsing
2021-01-20"Die omstrede en uitgesproke senior ANC-lid Carl Niehaus is in die moeilikheid by sy eie party en staar skorsing in die gesig wat sy toekoms in die ANC finaal kan kelder."
DA stamp koppe met regering oor COVID-19-inentings
2021-01-19"In ’n brief wat Maandag deur die DA aan Ramaphosa gestuur is, sê die party die versuim om betyds een of meer COVID-19-entstowwe aan te skaf, terwyl die entstowwe reeds beskikbaar is, is ’n skending van die reg op lewe soos vervat in die Grondwet."
Regering moet planne vir entstof dringend verduidelik
2021-01-15"Die regering moet voor volgende Woensdag, 20 Januarie, groter duidelikheid gee oor sy implementeringsplanne vir die COVID-19-entstowwe, anders sal hy aan die hof moet verduidelik waarom die privaatsektor nie hulle eie planne kan maak om entstowwe aan te koop nie."
Die meeste ouers vra dat skole gesluit bly
2021-01-14"Skole is veronderstel om op 25 Januarie vir onderwysers en bestuurspersoneel en op 27 Januarie vir leerlinge te heropen. ’n Studie wat deur die Universiteit van Johannesburg en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) gedoen is toon egter dat 53% volwasse Suid-Afrikaners wil hê skole moet gesluit bly totdat die COVID-19-situasie verbeter het."
Regering gekap oor "irrasionele" maatreëls
2021-01-13"Politieke opposisiepartye en nieregeringsorganisasies het skepties reageer op die aankondiging dat die regering die inperkingsperiode as gevolg van die pandemie tot minstens 15 Februarie 2021 verleng."
Nog regsaksies teen regering as gevolg van COVID-19
2021-01-12"Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit-navorsingsinstituut, kan Suid-Afrika nie die nasionalisering van entstowwe toelaat nie. Hy sê die staat het ’n geskiedenis van mislukkings en Suid-Afrika kan allermins nog ’n mislukking tydens hierdie krisis bekostig."
Parlement hou minister verantwoordelik vir gesloer met COVID-19-entstof
2021-01-08"Tydens ’n onlangse vergadering het die Minister aangekondig dat Suid-Afrika nog dié maand een miljoen dosisse entstof uit Indië gaan kry. Gesondheidswerkers sal voor in die tou wees om die entstof te ontvang wanneer dit toegedien word, het Mkhize gesê. Daar is ongeveer 1,25 miljoen gesondheidswerkers in Suid-Afrika."
Bheki Cele slaan weer toe op strande
2021-01-07"Die minister van polisie se besoeke, wat uiteenlopende reaksies onder Suid-Afrikaners uitgelok het, vorm deel van sy roetine-ondersoek om te verseker dat inwoners aan die Wes-Kaap die vlak 3-inperkingsregulasies wat ’n verbod op strande geplaas het, nakom."