In het nieuws
Multimiljoenêr dalk volgende week platsak
2022-05-26"Iewers in Suid-Afrika loop daar ’n potensiële multimiljoenêr rond wat onbewus is van sy rykdom (wat meer as R20 miljoen werd kan wees), maar wat dalk teen volgende week nie ’n sent daarvan sal hê nie."
Personeeltekorte, aappokke, wol, koraalriwwe en stambome
2022-05-25"Reisigers moes Maandag opnuut ure lank by Schiphol-lughawe in toue staan weens ’n gebrek aan personeel, en treindienste in België is ingekort om dieselfde rede; aappokke ook in België en Nederland; Nederlandse boere sukkel al hoe meer om van hul wol ontslae te raak; nuwe hoop vir koraalriwwe; en Beethoven is ’n nefie ryker."
Optog teen minister se “totale aanslag” teen Afrikaans
2022-05-25"Die uitvoerende hoof van die ATM, Michael Jonas, het in ’n verklaring bevestig dat Mthethwa op 10 Maart 2022 in Pretoria gesê het dat die ATM se naam moet verander."
Ramaphosa vra reguit, eerlike gesprek oor rassisme
2022-05-24"Om rassisme te beëindig gaan nie net oor die verandering van houdings nie; dit gaan ook oor die verandering van die materiële toestande wat vandag nog swart en wit Suid-Afrikaners skei."
Nóg ’n skandaal tref die Universiteit Stellenbosch (US)
2022-05-20"Die slagoffer is tans veilig en ontvang versorging. Sy het Woensdag ’n klag van verkragting teen die oortreder by die SAPD aanhangig gemaak. Die SAPD het haar na die Stellenbosse provinsiale hospitaal vergesel, waar sy ondersoek is en ook die nodige medikasie, sorg en primêre berading ontvang het."
Minister in spervuur oor vlag- en Taalmonument
2022-05-19"Wat die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl betref, is die minister volgens die DA reeds besig met ’n proses om die 'Afrikaans' te probeer verwyder uit die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl se naam."
’n Vragskip verdwaal in ’n woonbuurt; die media; die pandemie; en die droogte
2022-05-18"’n Vragskip saai verwoesting toe dit in ’n woonbuurt invaar; ’n tonnel op die A4-snelweg is Maandagoggend gesluit omdat die twee toesighoudende operateurs siek was; Nederlanders is deesdae positiewer oor seksuele minderhede; die omstrede TV-persoonlikheid Johan Derksen is weer terug op die kassie; die hoofaanbieder van Podium Witteman tree uit; kenners meen die Covid-pandemie is nog lank nie verby nie; maskers is nie meer nodig aan boord van Nederlandse vlugte nie; die droogte het die owerhede genoop om in te gryp; en koningin Máxima verjaar."
Vinnige optrede geëis na urineringsvideo by Universiteit Stellenbosch
2022-05-18"Volgens die petisie was die student, wat as Theuns du Toit geïdentifiseer is, se optrede duidelik ’n rasgedrewe aanval."
Woede op US-kampus na beweerde rassevoorval
2022-05-17"Die slagoffer het volgens berigte geslaap toe hy om 04:00 ’n geraas in sy kamer hoor. Toe hy wakker word, het hy glo ’n ander student in sy kamer gevind wat besig was om op sy boeke en skootrekenaar te urineer."
Eskom is ’n ramp, sê energiekenners
2022-05-13"Suid-Afrika moet ’n yslike 50 000 MW – gelykstaande aan die vervanging van sy hele vloot – se bykomende opwekkingskapasiteit oor die volgende 13 jaar by die nasionale transmissienetwerk voeg om die gaping in energievoorsiening te dek en uitgediende steenkoolstasies te vervang."
Petrolskok wag in Junie op SA motoriste
2022-05-12"Suid-Afrikaanse motoriste moet hulle voorberei op ’n massiewe styging in die prys van petrol wanneer die nuwe brandstofpryse die einde van die maand aangekondig word."
Sterftes en bevryding gedenk, immigrante en selfone
2022-05-11"Twee mense is dood en nog twee ernstig gewond ná ’n skietery in Nederland; ’n somber Dodeherdenking in Nederland en Bevrydingsdag tot in Duitsland herdenk; Vlaminge voel migrante moet assimileer; jou selfoon kos jou straks jou rybewys."
Staatskapers kan binnekort aan die pen ry
2022-05-11"Shamila Batohi sê die NVG kon ’n behoorlike getuienisplan saamstel vir die vervolging van verskeie verdagtes en dit is nou die tyd om teen die skuldiges op te tree."
Kaapstad doen dit weer – derde beste stad op die planeet
2022-05-10"Daar is aan elke stad op die kortlys ’n telling toegeken op grond van ’n verskeidenheid faktore, van die aantal museums en galerye, Unesco-erfenisterreine, Michelin-restaurante en vyfsterhotelle wat in elke stad getel word, tot natuurskoonheid en selfs hulle verdraagsaamheid teenoor en aanvaarding van lede van die LGBTQ+-gemeenskap."
Regsgeveg oor Covid-regulasies het begin
2022-05-06"Volgens Solidariteit se verklaring is die nuwe gesondheidsregulasies onregmatig en irrasioneel. Daarom het hulle met ’n regsproses begin."
Twis oor gesondheidsregulasies na ou regulasies verstryk
2022-05-05"Dit wat gepubliseer is, is veel minder drakonies as die oorspronklike idees wat ter tafel gelê is."
Storms op TV en energiekwessies
2022-05-04"Ook Nederland sukkel met kragvoorsiening maar ’n nuwe hittebattery bied moontlik ’n skoon oplossing; nóg ’n storm oor onaanvaarbare gedrag op TV; ’n Russiese olietenkskip die hawe geweier; chaos op Schiphol; geen maskers meer in Belgiese vliegtuie nie; en geen einde aan voëlgriep-epidemie nie."
Oorlog in Oekraïne gaan Suid-Afrikaners se sakke ruk
2022-05-04"Die Oekraïne-oorlog sal voedsel- en brandstofpryse in Suid-Afrika verder opjaag, sê die DA-leier John Steenhuisen wat in Oekraïne aangekom het. Hy sê Suid-Afrika moet harder begin druk vir vrede en ’n einde aan die konflik tussen Rusland en Oekraïne."
Minister waarsku oor bestuurslisensies wat verval
2022-04-29"Meer as ’n miljoen Suid-Afrikaners se bestuurslisensiekaarte het verval en moet binne ’n week hernu word."
SA skiet nog ver te kort na 28 jaar se demokrasie
2022-04-28"Suid-Afrikaners het Woensdag 28 jaar van demokrasie gevier, maar almal in die land is dit eens dat die land van melk en heuning wat beloof is, steeds net ’n droom is."