In het nieuws
Universiteite kry sterk teenstand oor verpligte inenting
2022-02-22"Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (SAFTU) het sy steun gegee aan studente wat teen verpligte inenting by die UV betoog. Dit nadat die studente die strate ingevaar het uit protes teen die universiteit se inentingsbeleid."
Nelson Mandela se huis word ’n luukse hotel
2022-02-18"Die hotel se webwerf beloof om elke ervaring onvergeetlik te maak. Die gaste sal in elke kamer iets persoonlik van Mandela se lewe ervaar, insluitend foto’s en briewe van belangrike herinneringe van Madiba se lewe, sowel as subtiele verwysings na sommige van die historiese oomblikke waarby hy betrokke was."
ANC voer glo “haatveldtog” teen Afrikaanse kinders en skole
2022-02-17"Volgens AfriForum is dié wetsontwerp deel van die ANC-regering se haatveldtog teen Afrikaanse kinders en skole."
“Naar het nieuwe normaal”
2022-02-16"België en Nederland versoepel koronamaatreëls; vragmotorbetogers misluk in hulle pogings om Den Haag en Brussel lam te lê; en tronkstraf bepleit vir diegene wat gays wil ‘genees’."
Beswaarde NGK-lidmate wil eie sinode stig
2022-02-16"Die groep konserwatiewes sê hulle sal bid vir die kerkleiers, predikante en teologiese dosente, wat, volgens hulle beskouing, in die waan van die tydsgees leef en hulle nie meer ten volle beywer vir die eer van God nie."
Moeder van alle oorloë dreig oor moedertaal by skole
2022-02-15"Solidariteit se bestuurshoof, Dirk Hermann, sê dit gaan die moeder van alle gevegte wees. Hy het op Facebook gesê aan die een kant moet hulle kliphard veg om die staat se kaping van skole te keer."
Sataniese Kerk is die duiwel in ná grumoord op kind
2022-02-11"Volgens die Sataniese Kerk is elkeen verantwoordelik vir hul eie dade en moet onder die gevolge daarvan ly. Die Suid-Afrikaanse Sataniese Kerk sê hulle hoop dat geregtigheid seëvier en dat die moordenaar met die volle gesag van die wet gestraf sal word."
Nóg ’n voormalige hoëprofiel-DA-politikus soek groener weivelde by ActionSA
2022-02-10"Die voormalige Oos-Kaapse DA-leier en gewese burgemeester van Gqeberha, Athol Trollip, is die tweede oud-DA-burgemeester wat die afgelope jaar by ActionSA aangesluit het."
Oekraïne, kindersterftes, seksuele teistering, seiljagte en inflasie
2022-02-09"Premier Mark Rutte van Nederland was verlede week op besoek aan Oekraïne; ’n vyfjarige kleuter is Maandag op ’n treinspoor dood; twis oor ’n brug wat tydelik uitmekaargehaal moet word om plek te maak vir ’n nuwe seiljag van Jeff Bezos; nóg ’n bekende bedank weens beweerde seksuele teistering; en inflasie styg in Nederland."
Kabinet vas aan die slaap tydens “orgie van vernietiging en plundering”
2022-02-09"Volgens die verslag was daar ’n gevoel van diepe verbystering oor die afwesigheid van die polisie in ’n tyd toe gemeenskappe hulle die nodigste gehad het. In die meeste gebiede het die polisie toeskouers geword terwyl die een winkelsentrum na die ander vernietig is en die een na die ander vragmotor aan die brand gesteek is."
Kaapse strande sluit weens riool in die see
2022-02-08"Die spanne het aanvanklik probeer om vakuumvragmotors te gebruik om die riool op te vang. Weens die groot volume moes die rioolwater egter as ’n tydelike maatreël vanaf die pompstasie in die see gestort word."
Kaapstad wil eerste beurtkragvrye munisipaliteit in Suid-Afrika word
2022-02-04"Die jongste aankondiging van beurtkrag die afgelope week het Kaapstad vasbeslote gemaak om die eerste stad in die land te word wat heeltemal onafhanklik is van Eskom vir sy kragvoorsiening."
Eskom dompel die land vroeg in jaar in die duister
2022-02-03"Volgens Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, moes beurtkrag ingestel word om ’n totale ineenstorting van die kragnetwerk, ’n algehele kragverduistering wat tot twee weke kan neem om te herstel, te voorkom."
Krisis in Oekraïne wek kommer, Corrie saai verwoesting, en goeie nuus vir reisigers
2022-02-02"Dreigende optrede van die Weste teen Rusland kan daartoe lei dat Rusland sy gastoevoer na Wes-Europa afsny; die eerste storm van 2022 het Maandag behoorlik vir konsternasie gesorg; vanaf afgelope Sondag hoef Suid-Afrikaners nie meer in kwarantyn te gaan by hul aankoms in Nederland nie; en die grootste seesluis ter wêreld open in Ijmuiden."
Beweerde seksskandaal in Wes-Kaap se regering onder vergrootglas
2022-02-02"Winde het Sondag bevestig dat die aanklagte van ’n seksuele aard is. Volgens Winde is dit belangrik dat die klaers ’n onafhanklike ondersteuningstelsel het, wat insluit om die saak by die polisie aan te meld."
Ramptoestand se moontlike afskaffing word weer bekyk
2022-02-01"Suid-Afrikaners sal binnekort weet of die ramptoestand wat oor twee weke verstryk, vir nóg ’n maand verleng gaan word en of die regering gaan gehoor gee aan die talle oproepe uit verskeie oorde om dit na byna twee jaar te beëindig."
Kommer oor duisende leerlinge wat nooit matriek haal nie
2022-01-28"Altesaam 897 163 leerders het verlede jaar die matriekeksamen geskryf, maar die graad 10-inskrywings in 2019 was 1 045 424. Dit beteken dat minstens 148 261 leerders binne slegs twee jaar uit die stelsel uitgeval het en nie matriek voltooi het nie."
Wêreldbekende Robbeneiland word glo verwaarloos en wanbestuur
2022-01-27"Daar word al maande in die media berig dat hierdie historiese erfenis van Suid-Afrika gruwelik verwaarloos word, vervalle is en in ’n toestand van wanorde verkeer. Toeriste wat die eiland besoek, kla ook oor die buitensporige prys wat hulle moet betaal om daarheen te gaan. Die eiland is een van die land se belangrikste post-1994 erfenissimbole."
Covid-kenners meen maskers en ramptoestand is uitgedien
2022-01-26"Hy glo wel dat diegene wat weier om ingeënt te word, die gevolge moet dra. Hy sê sulke mense sal moet aanvaar dat sekere deure vir hulle gesluit sal word soos wat met die tennisspeler Novak Djokovic in Australië gebeur het."
Verstekelinge, vlugtelinge, verraaiers, voëlgriep en vokale protes
2022-01-25"’n Verstekeling is op Schiphol in die neuswiel van ’n vragvliegtuig uit Suid-Afrika aangetref; omstredenheid oor The voice of Holland kring verder uit; die Switserse Anne Frank-fonds het die bevindings van die ondersoekspan oor die beweerde verraaier van Anne Frank en haar gesin skerp gekritiseer; gewelddadige betogings wil stem verleen aan diegene wat skynbaar nie gehoor word nie; en voëlgriep rig groot skade in die landbou aan."