In het nieuws

Wes-Kaap spog met van die wêreld se gewildste bestemmings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-25

"TSI gebruik die nuutste tegnologie om die krag van kunsmatige intelligensie toe te pas om sentimente van mense se voorkeure te ontsyfer. Dit is die eerste keer ooit dat bestemmings regoor die wêreld op so ’n wyse gerangskik word om die plekke te ontdek wat werklik die mees geliefd is."

Weerstand teen verpligte COVID-19-inentings bou op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-21

"Ten spyte van ’n oorwig getuienis dat inenting teen COVID-19 help om die verspreiding van die virus te bekamp en help voorkom dat mense ernstig siek word of sterf as gevolg daarvan, is daar hewige teenstand onder baie Suid-Afrikaners wanneer dit by verpligte inentings kom."

Hof genader om die nasionale ramptoestand te beëindig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-20

"Die Solidariteit-beweging, waaronder Solidariteit en AfriForum, gaan met regstappe begin om die howe te vra om die ramptoestand te beëindig, terwyl Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, vra dat buitelugfasiliteite tot volle kapasiteit heropen mag word."

Dood en verraad in die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2022-01-19

"Die gewilde sangkompetisie The voice of Holland word onmiddellik stopgesit; ’n jongman van Franse afkoms word aangekeer kort nadat hy glo ’n niksvermoedende vrou voor ’n aankomende moltrein gestoot het; ’n vierjarige se lyk word gevind; en ’n ondersoekspan het skynbaar die verraaier van Anne Frank geïdentifiseer."

Suid-Afrikaners huil krokodiltrane oor Redro se heengaan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-19

"Suid-Afrikaners is in sak en as omdat een van hulle geliefde happies, naamlik vissmeer wat gewoonlik saam met roosterbrood geëet word, besig is om van die winkelrakke te verdwyn en blykbaar nie weer aangevul gaan word nie."

Hof het beslis oor matrieksuitslae in koerante

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-18

"Volgens Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, dien die openbare opgewondenheid wat met die publisering van matriekuitslae gepaardgaan, as motivering vir toekomstige matrieks."

Hof bevind omstrede verkeerswet ongrondwetlik

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-14

"Die Hooggeregshof in Pretoria het die Aarto-wysigingswet waarop die beplande strafstelsel vir verkeersoortredings gebaseer is, ongrondwetlik en ongeldig verklaar."

’n Nuwe Nederlandse kabinet, misdaad en Covid

Milton Webber In het nieuws 2022-01-13

"Die nuwe Nederlande kabinet is uiteindelik Maandag ingehuldig; ’n 14-jarige misdaadslagoffer word begrawe; moontlik aanslag op joernalis afgeweer; betogings teen inperking duur voort, terwyl infeksies styg. Hospitalisering neem af in Nederland, terwyl België dalk nie meer Covid-gevalle in hospitale gaan prioritiseer nie."

Oproepe om weg te doen met ramptoestand, maskers en ander Covid-regulasies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-13

"Daar bestaan geen regverdiging meer vir die nasionale ramptoestand om die koronavirus te help bekamp nie, en dit behoort opgehef te word wanneer dit Saterdag (15 Januarie) verval; dit is die mening van wetenskaplikes én politici."

EU hef lugreisverbod teen Suid-Afrika op

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-12

"Wetenskaplikes het die doeltreffendheid van die verbod bevraagteken en die Wêreldgesondheidsorganisasie het lande versoek om refleksreaksies op die ontdekking van die Omikron-variant te vermy."

Nelson Mandela se tronksleutel op pad terug na Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-11

"Hierdie sleutel is ’n lewende bewys van Suid-Afrikaners se lang pad na vryheid en behoort aan die mense van Suid-Afrika. Dit moet dus met reg na die land terugbesorg word."

Opposisiepartye eis aksie na Zondo se verslag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-07

"Die DA en die Vryheidsfront Plus het albei in sterk bewoorde verklarings druk op president Cyril Ramaphosa uitgeoefen om toe te sien dat die  kommissie se aanbevelings uitgevoer word."

Zondo ontbloot ’n katnes van korrupsie en bedrog

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-06

"Die verslag wemel van ‘vuil geld’ wat hande verwissel het en eerlike mense wat in die pad gesteek en met gulsige opportuniste in sleutelposisies vervang is."

Onrus en vuurwerk lui die nuwe jaar in

Milton Webber In het nieuws 2022-01-05

"Die nuwe jaar het onrustig en onlustig begin in Nederland met verskeie betogings en selfs ’n moord. In België is vier mense dood weens ’n gasontploffing. Daar is ook uitstekende nuus vir kunsliefhebbers."

Ramaphosa ontvang eerste Zondo-verslag oor staatskaping

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-05

"Die inhoud van die verslag is direk nadat dit aan Ramaphosa oorhandig is, ook op die regering se webwerf vir die publiek se insae beskikbaar gestel. Ramaphosa sê hy sal elke deel van die verslag onmiddellik aan die publiek bekend maak nadat hy dit ontvang het."

Talle vrae na verwoestende brand by parlement

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-01-04

"Die hele parlementêre kompleks kon tot op die grond afgebrand het, maar die flinke optrede van Kaapstad se brandweer het dit verhoed."

Suid-Afrika spring strenger inperkings dié Kersfees vry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-24

"Suid-Afrikaners kan dié naweek Kersfees vier met geen strenger inperkings nie, terwyl miljoene mense elders in die wêreld streng ingeperk word oor die feesgety tot ten minste vroeg aanstaande jaar."

Mr Fix wil spoorweë regruk, maar niemand glo hom nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-23

"Beloftes deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, dat sy departement die haglike toestand waarin die land se spoorvervoerstelsel verkeer, binne enkele maande gaan regruk, is met sinisme en skeptisisme deur Suid-Afrikaners begroet."

Covid steel Kersfees en daar is ’n wolf by die deur

Milton Webber In het nieuws 2021-12-22

"Streng inperking het baie Nederlanders onkant betrap, Belge kan verwag om weer, soos vroeër, sogenaamde contactbubbels van twee tot drie huishoudings te vorm, prikspijt en knaldrang maak opslae en ’n moeë wolf laat boere rooi sien."

Suid-Afrika pleit by EU om reisverbod op te hef

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-12-22

"Tshivhengwa het in die brief aan Kionka verduidelik dat die nasionale inkomste uit toerisme in Suid-Afrika in ’n tipiese jaar sowat R285 miljard of €16 miljard is, wat 726 000 direkte werksgeleenthede en altesaam 1,5 miljoen poste direk en indirek ondersteun."

Verified by MonsterInsights
Top