In het nieuws
Covid-kwarantyn se dae is dalk getel
2021-12-21"Die advieskomitee sê die definisie van ’n hoërisikokontak is verouderd omdat wetenskaplikes die verspreiding van die virus nou beter verstaan. Die komitee is verder bekommerd oor die langtermyngevolge van kwarantyn en die invloed daarvan op mense se lewensbestaan soos inkomste, werksverliese en onderrig wat onderbreek word."
Kersfees sonder strenger inperkings
2021-12-17"Maak seker jy kry jou inenting voordat jy hierdie Desember kuier, familie besoek of met vakansie gaan," lui die regering se verklaring.
Zuma moet terug tronk toe
2021-12-16"Zuma se ondersteuners was woedend. Carl Niehaus het op Twitter gesê dit is ’n groot onreg wat teen Zuma gepleeg word omdat hy, volgens Niehaus, in die eerste plek sonder ’n verhoor in die tronk beland het."
’n Nuwe regering, ’n nuwe wêreldkampioen en ’n nuwe variant
2021-12-15"Mark Rutte kon uiteindelik, ná 217 dae, ’n nuwe regering begin saamstel, Max Verstappen laat die Lae Lande se bloed oranje pomp en omikron se tentakels word met streng inperkings beperk."
AfriForum hof toe oor aandklokreël
2021-12-15"In teenstelling hiermee het die media in Oktober berig die regering se advieskomitee van wetenskaplikes, wat hom oor die COVID-19-pandemie adviseer, meen dit was ’n fout om die aandklokreël te verslap toe daar na vlak 1-inperking beweeg is."
Vierde COVID-golf tref Wes-Kaap in vakansieseisoen
2021-12-14"Ent so gou moontlik in, want inentings voorkom ernstige siekte. Maak seker jy dra jou masker, want die virus versprei in die lug."
Kabinet wil saam met die wêreld teen korrupsie veg
2021-12-10"Die regering erken in sy verklaring dat korrupsie, in ’n meerdere of mindere mate, een van die grootste uitdagings is wat die land in die gesig staar en dat dit ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling terughou."
ANC se mislukte poging om die Grondwet te wysig wyd verwelkom
2021-12-09"Die ANC se mislukte poging dié week in die parlement om artikel 25 van die Grondwet te wysig wat die onteiening van grond sonder vergoeding sou moontlik maak, is ’n oorwinning vir Suid-Afrika se grondwetlike bestel."
Nuwe koronamaatreëls, betogers in België maak amok
2021-12-08"Betogings in België, besmettingsyfers daal, kroonprinses Amalia verjaar, en Beatrix het Covid."
Al hoe groter druk vir verpligte inentings om ekonomie te red
2021-12-08"Verskeie ondernemings het reeds die inisiatief geneem om ’n verpligte inentingsvereiste van hul werknemers in te stel indien hulle toegang tot hul werkplek wil verkry of, in sommige gevalle, hul werk wil behou."
Duisende dosisse Covid-entstof is vermors
2021-12-07"Die koste van een Pfizer-inspuiting word op R308 geraam, met een Johnson & Johnson-inspuiting wat na raming sowat R280 kos. Dit is gelyk aan ’n geraamde R83 miljoen se verlore geld weens vermybare vermorsing, insluitend skadevergoeding, vervaldatums en die dosisse wat tydens die onrus in Julie 2021 verloor is."
Reisverbod het vernietigende gevolge op Suid-Afrika se toerismebedryf
2021-12-03"Die aantal lande wat ’n reisverbod teen Suid-Afrika ingestel het, het reeds tot byna 40 gestyg. In minstens 18 van die lande is ook gevalle van die Omikron-variant ontdek, maar daar is geen beperking op daardie lande geplaas nie."
Rage-feeste dreig om weer superverspreiders van Covid te word
2021-12-02"Vanjaar se Rage-feeste, waar matrikulante jaarliks in groot getalle saamdrom om die einde van hul skoolloopbaan te vier, is landwyd in die gedrang nadat nog een van die groot Rage-feeste gekanselleer is."
Korona: Die wêreld steier, Suid-Afrika ly
2021-12-01"Omikron veroorsaak paniek, ongeënte pasiënte maak Europese hospitale vol, skerp toename in doodgebore babas onder oningeënte moeders en Nederland se prinses Beatrice kry haar derde spuit."
Gestrand op Schiphol: ’n Suid-Afrikaner vertel
2021-12-01Marieta Nel, wat besig is met studie in Nederland, was op Schiphol, Amsterdam se internasionale lughawe, gestrand toe vlugte een na die ander gekanselleer word weens die wêreldwye paniek wat geheers het na die bekendmaking van die Omikron-variant.
Soldate verruil gewere vir meel en broodpanne
2021-12-01"Volgens die webwerf DefenceWeb lui onbevestigde berigte dat “weermagbrood” teen R20 per brood verkoop word, ver bo die normale kleinhandelprys."
Die oudste landbougenootskap in die land vier fees
2021-11-30"Daar is 190 jaar gelede ’n landbougenootskap gestig wat nou bloedjonk en spoggerig is. Word deel van ons familie, nooi Agri-Expo alle kos- en wynliefhebbers."
Nuwe variant is verwoestend vir Suid-Afrika se toerisme
2021-11-30"Die reisbedryf het president Cyril Ramaphosa intussen geloof vir sy ferm benadering ten opsigte van mense wat huiwerig is om hulself teen COVID-19 te laat inent. Die President het Sondagaand aangekondig dat hy ’n taakspan saamgestel het om verpligte inentings vir spesifieke plekke en geleenthede te ondersoek."
Kommer oor seksuele mishandeling van kinders
2021-11-26"Nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid daarvan te hore gekom en vertoë aan die DOV gerig het, het die DOV bevestig dat daar wel ’n prima facie-saak teen die beskuldigdes is en dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hulle gaan vervolg."
Derde dosis teen COVID-19 oorweeg terwyl vierde golf nader
2021-11-25"Van die vrae waaroor tans by woonkomplekse gestry word, is: As besighede dit doen, kan die trustees of direkteure van jou gemeenskapsbehuisingskema dit ook doen? Kan inwoners of hul besoekers verplig word om bewys van inenting te lewer voordat hulle die kompleks binnegaan of van gemeenskaplike geriewe soos die swembad, gimnasium of klubhuis gebruik maak?"