In het nieuws
Zuma vaar uit teen ANC se top ses
2021-04-06"Politieke ontleders is dit eens dat die volgende 30 dae van die onstuimigste tye in die ANC se geskiedenis gaan wees hangende die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Zuma en wat Ace Magashule gaan doen wanneer die 30 dae om is."
AfriForum eis Cele se afdanking
2021-04-01"Die onlangse onthulling dat die SAPD se interne stelsels waarop onder meer bewysstukke gestoor en geliasseer word, al maande lank buite werking is, is maar net een voorbeeld van Cele se nalatigheid, sê AfriForum in hulle verklaring."
Ace Magashule se uurglas loop leeg
2021-03-31"Indien hy sou weier om self sy kantoor te ontruim, is die tafel gedek vir ’n moontlike bloedige stryd tussen die opponerende faksies in die ANC wanneer hy geskors word, net soos destyds toe Julius Malema uit die party geskors is."
Departement Afrikaans en Nederlands in opstand oor Afrikaans by US
2021-03-30"In ’n ongewone stap het die US se Departement Afrikaans en Nederlands nou ook tot die stryd toegetree. Die departement het die universiteit se standpunt oor Afrikaans skerp gekritiseer in ’n ope brief aan die rektor, Wim de Villiers."
Studente eis ondersoek oor taalregte by US
2021-03-26"’n Groep Afrikaanse studente by die Universiteit Stellenbosch (US) eis ’n oudit van alle studentegemeenskappe oor taalpraktyke, opleiding rakende meertaligheid, en die regstelling van beweerde onregte."
Ramaphosa moet volgende maand aan Zondo verduidelik
2021-03-25"Daar word reeds lank gegis tot watter mate hy vermoedelik bewus was van wat in die regering aangaan terwyl hy nommer twee was. Daar word gevra hoe dit moontlik is dat hy nie daarvan kennis gedra het terwyl hy deel van die ANC se binnekring was nie."
Spanning laai op oor Afrikaans by US
2021-03-24"Daar is ook groot ongelukkigheid omdat Afrikaans nie as ’n inheemse taal beskou word nie. Volgens die eerste konsep van die nuwe taalbeleid verwys die term 'inheemse tale' na tale waarvan die erfenis in Afrika wortel en wat tot die Suid-Bantoe-taalfamilie behoort (met 'Bantoe' in die suiwer taalkundige betekenis)."
Suid-Afrika bekend onder Nederlandse parlementslede
2021-03-19"Gebeure in Suid-Afrika sal nooit die hooffokus wees van Nederlandse beleid oor buitelandse sake nie. Die bedreigings vir die regstaat, klein groepe, eiendomsreg en menseregte in Suid-Afrika raak egter die belange van tienduisende burgers van Nederland in Suid-Afrika."
Nuwe beleid teiken Afrikaanse onderrig by skole
2021-03-19"Afrikaans word nou ook by skole as onderrigtaal geteiken omdat nuwe voorgestelde wetgewing dit moeiliker gaan maak om voorkeur te gee aan leerders wat kies om in hul moedertaal onderrig te word. So sê die vakbond Solidariteit in hulle kommentaar op die konseptoelatingsbeleid vir openbare skole."
Inwoners en howe gryp in terwyl munisipaliteite landwyd ineenstort
2021-03-18"Suid-Afrikaners is keelvol om op te dok vir munisipale dienste wat nie gelewer word nie. Belastingbetalers wend hulle in al hoe groter getalle suksesvol tot die howe om te eis dat dienste gelewer word of neem self die beheer oor hulle dorpe se infrastruktuur oor."
DA blameer Wim de Villiers vir US se taaldiskriminasie
2021-03-17"Die Demokratiese Alliansie (DA) beskuldig die Universiteit Stellenbosch (US) se bestuur, en spesifiek die rektor, Wim de Villiers, daarvan dat hulle menseregtevergrype teen Afrikaanse studente ignoreer."
Studente dreig om alle universiteite landwyd te sluit
2021-03-16"Die studente eis dat alle agterstallige studieskuld afgeskryf en die ANC se beloftes van gratis tersiêre opleiding onmiddellik geïmplementeer word. Hulle dreig om al 26 openbare universiteite in die land te sluit as daar nie aan hulle eise toegegee word nie."
Suid-Afrikaanse film vir Oscar genomineer
2021-03-15Die Suid-Afrikaanse film My octopus teacher deur Pippa Ehrlich, James Reed en Craig Foster is vir ’n Academy Award in die kategorie vollengte- dokumentêre film benoem.
Mboweni tree vir Zuma in die bres
2021-03-12"Die minister van finansies, Tito Mboweni, het hom die afgelope week vir die tweede keer binne een dag in omstredenheid gehul met nog een van sy talle omstrede uitlatings op Twitter. In sy jongste boodskap, wat wye reaksie uitlok, tree hy in die bres vir oudpresident Jacob Zuma. Mboweni het gesê wat ook al Zuma se tekortkominge mag wees, glo hy nie dat Zuma die vryhede in die land waarvoor daar hard geveg is, wil ondermyn nie."
Openbare beskermer se toekoms volgende week bespreek
2021-03-11"Die DA sê in hulle verklaring dit word reeds algemeen aanvaar dat Mkhwebane die teenoorgestelde is van wat ’n openbare beskermer veronderstel is om te wees."
COVID-19-inperkings en -regulasies laat ekonomie steier, maar daar is lig in die tonnel
2021-03-10"Dié syfers weerspieël volgens ekonome die ware omvang van die uitwerking wat die COVID-19-maatreëls op die land se ekonomie het."
Gees van die US se taalbeleid “verkeerd geïnterpreteer”
2021-03-09"Die gees en bedoeling van die Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) is waarskynlik verkeerd geïnterpreteer en toegepas op ’n manier wat nie strook met die doelstellings van die beleid en waardes van die universiteit nie."
Nuwe taalstorm oor Afrikaans by Universiteit Stellenbosch
2021-03-09"’n Nuwe taalstorm oor Afrikaans is aan die broei by die Universiteit Stellenbosch (US) nadat studente na bewering aangesê is om nie met mekaar Afrikaans te praat in die koshuise nie."
Nuwe internasionale studiemoontlikhede in Afrikaans
2021-03-05"Studente wat in Afrikaans verder wil studeer, kan dit nou wêreldwyd deur die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia doen. Volgens Paul Vogel, operasionele hoof by Akademia, word die instelling oorweldig deur navrae van so ver soos Dubai, Nieu-Seeland en Nederland van studente wat deur middel van afstandleer in Afrikaans verder wil studeer."
Kollega kla NGK-predikant aan van valse getuienis
2021-03-04"Ernst en Bartlett is al geruime tyd in ’n stryd gewikkel oor die NG Kerk se besluit dat homoseksuele paartjies mag trou. Bartlett is ten gunste daarvan en Ernst is sterk daarteen gekant."