In het nieuws

Gemoedere loop hoog na moord op jong plaasbestuurder

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-06

"Die moord op die jong plaasbestuurder het nie net dwarsoor Suid-Afrika nie, maar selfs in Europa en Noord-Amerika opslae gemaak. Namate meer Engelse media oor die aard en omvang van plaasmoorde berig, word al ernstiger vrae gevra oor die humanitêre krisis, en die regering se hantering daarvan, sê Saai in hulle verklaring."

Eksdominee skink wyn vir kaal vrou op strand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-02

"’n Wynmaker en gewese predikant van Somerset-Wes wat bekend is vir sy onkonvensionele bemarkingmetodes het weer die tonge los met ’n nuwe wyn wat hy pas vrygestel het. 'Ek stel die wyn vry in ’n tyd waarin mense nog aangemoedig word om maskers te dra, maar ’n groot deel van die bevolking smag na maniere om van die kloustrofobie van inperking ontslae te raak,' het Van Niekerk aan Voertaal gesê."

NG Kerk-gemeentes in finansiële dilemma weens grendelstaat

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-10-01

"Hoewel gemeentes sedert die instelling van vlak 1 toegelaat word om weer tot 250 mense in eredienste toe te laat, verneem Voertaal van verskeie gemeentes waar die bywoning van eredienste sedert die inperking selfs minder is as die toegelate 50 mense onder vorige vlakke van inperking."

Zuma wil Zondo weer systap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-30

"In ’n brief wat deur Zuma se regsverteenwoordigers aan die kommissie geskryf is, vra Zuma dat die voorsitter van die kommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, hom as voorsitter moet onttrek."

Queeraktiviste plak in luukse gastehuis in Kampsbaai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-29

"’n Woordvoerder van die groep, Kelly-Eve Koopman, sê hulle optrede is daarop gemik om die kwessie uit te lig en ’n groter dialoog te begin oor die dringende krisisse van veiligheid, grond en behuising."

Cele ontketen ’n storm met uitlatings oor plaasmoorde

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-25

"Die minister van polisie, Bheki Cele, het hom vasgeloop teen ’n golf van woedende kritiek uit die landbougemeenskap, burgerlike organisasies en politieke partye oor sy stelling dat plaasmoorde nie prioriteitsmisdade moet wees nie."

Zondo verloor geduld met Zuma se verskonings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-24

"Zuma was veronderstel om dié week voor die kommissie te getuig, maar het allerlei verskonings aangevoer waarom dit nie vir hom moontlik is om voor regter Zondo te verskyn nie. By ’n vorige verskyning het Zuma ook gedreig om nie verder deel te neem nie, omdat hy na bewering doelbewus in ’n swak lig geplaas word."

Solidariteit wil ramptoestand in hof beëindig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-18

"Volgens Solidariteit het ’n ramptoestand bestaansreg slegs indien die staat die effek van die ramp beter as sy burgers en ondernemings kan hanteer."

Vlak 1 vyf maande te laat, sê Steenhuisen

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-17

"Die party sê die regering moet tot verantwoording geroep word vir die sosio-ekonomiese moeras waarin die land beland het weens die inperking, omdat dit vermy kon gewees het."

Die regerende party onder skoot na onreëlmatige besoek aan Zimbabwe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-16

"Die President het ingegryp en opdrag aan die Minister gegee om die omstandighede te verduidelik wat tot die vermorsing van belastingbetalers se geld gelei het."

Die President breek ’n lansie vir die media

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-15

"Die President het Maandag in sy weeklikse nuusbrief hulde gebring aan die werk wat joernaliste tydens COVID-19 gedoen het."

Vlak 1 van COVID-19-inperking word oorweeg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-11

"Suid-Afrikaners kan waarskynlik binnekort uitsien na nog verligtings wanneer die grendelstaat van vlak 2-inperking na vlak 1 verlig gaan word. ’n Aankondiging hieroor sal waarskynlik volgende week deur president Cyril Ramaphosa gedoen word wanneer hy weer die land toespreek."

Zuma en Guptas wou vermoedelik Eskom ook kaap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-10

Die jongste getuienis voor die Zondo-kommissie vind plaas in ’n week waartydens die land opnuut daagliks met beurtkrag gekonfronteer word. 

EFF-"boewery" wyd veroordeel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-09

"AfriForum het ’n beroep gedoen op Bheki Cele, die minister van polisie, om daadwerklik op te tree teen oortreders wat Clicks-winkels landwyd gevandaliseer en beskadig het. AfriForum sê die polisie het gefaal in hul plig om die burgery te beskerm teen dié persone, wat dink dat hulle die land se wette sonder enige gevolge kan oortree. Dit volg nadat ’n rasseherrie ontketen is weens ’n omstrede Clicks-advertensie. Verskeie EFF-leiers het hul ondersteuners aangemoedig om hierdie kettingwinkel 'aan te val'."

EFF plunder en brand na omstrede haar-advertensie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-08

"Die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela sê die onmin wat losgebars het na die Clicks-advertensie wat die hele land in rep en roer het, is ’n teksboekgeval van onbewuste vooroordeel. Madonsela, wat die leerstoel in maatskaplike geregtigheid in die Fakulteit Regte aan die Universiteit Stellenbosch beklee, sê dit is goed om die advertensie te veroordeel, maar anargie en geweld ondermyn die saak."

ANC-kaders maak bokspronge voor Zondo

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-04

"’n Lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee wat na bewering tydens haar termyn as ANC-minister met omkoopgeskenke van Bosasa oorlaai is, het Donderdag voor die Zondo-kommissie behoorlik kleigetrap om die bewerings teen haar te verduidelik."

Nog DA vuil wasgoed kom ná Gauteng-leier bedank

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-03

"Die DA-leier in Gauteng wat Woensdag bedank het, sê as die party hom gaan slegsê omdat hy bedank het, en hy weet hulle sal, dan gaan hy nog dinge van die party oopvlek in die openbaar."

Ramaphosa streng oor korrupsie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-01

"Pogings in die ANC om ontslae te raak van president Cyril Ramaphosa het misluk. Die ANC-leier het sterker uit die afgelope naweek se vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) gestap as wat hy verlede Vrydag daar ingegaan het."

Ace Magashule moet op die rooi tapyt verskyn

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-28

"Daar was die afgelope tyd uit verskeie oorde druk op die ANC om teen Magashule en ander hoëprofiellede van die party wat van korrupsie beskuldig word, op te tree." 

0% alkohol sal nie dronkbestuur keer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-27

"Die AA sê ’n 0%-alkoholbeperking in die bloedstroom sal niks aan mense se gedragspatrone verander nie, omdat daar geen gevolge is vir diegene wat gereeld onder die invloed van drank bestuur nie."

Verified by MonsterInsights
Top