In het nieuws
COVID-19-inperkings en -regulasies laat ekonomie steier, maar daar is lig in die tonnel
2021-03-10"Dié syfers weerspieël volgens ekonome die ware omvang van die uitwerking wat die COVID-19-maatreëls op die land se ekonomie het."
Gees van die US se taalbeleid “verkeerd geïnterpreteer”
2021-03-09"Die gees en bedoeling van die Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) is waarskynlik verkeerd geïnterpreteer en toegepas op ’n manier wat nie strook met die doelstellings van die beleid en waardes van die universiteit nie."
Nuwe taalstorm oor Afrikaans by Universiteit Stellenbosch
2021-03-09"’n Nuwe taalstorm oor Afrikaans is aan die broei by die Universiteit Stellenbosch (US) nadat studente na bewering aangesê is om nie met mekaar Afrikaans te praat in die koshuise nie."
Nuwe internasionale studiemoontlikhede in Afrikaans
2021-03-05"Studente wat in Afrikaans verder wil studeer, kan dit nou wêreldwyd deur die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia doen. Volgens Paul Vogel, operasionele hoof by Akademia, word die instelling oorweldig deur navrae van so ver soos Dubai, Nieu-Seeland en Nederland van studente wat deur middel van afstandleer in Afrikaans verder wil studeer."
Kollega kla NGK-predikant aan van valse getuienis
2021-03-04"Ernst en Bartlett is al geruime tyd in ’n stryd gewikkel oor die NG Kerk se besluit dat homoseksuele paartjies mag trou. Bartlett is ten gunste daarvan en Ernst is sterk daarteen gekant."
Deurbraak vir privaatsektor in die stryd teen COVID-19
2021-03-03"Die regering se aanspraak om die alleenverskaffer en -verspreider van COVID-19-entstowwe te wees het gesneuwel. Die weg is gebaan vir privaatverskaffers en -verspreiders om by die entstofprogram betrokke te raak en te help om toe te sien dat meer mense ingeënt word."
Regering moet sy sokkies optrek met inentings
2021-03-02"Beide die DA en die Vryheidsfront Plus het in verklarings gesê die regering doen nie genoeg om die inentingsprogram glad te laat verloop nie."
Internasionale woede oor Suid-Afrikaanse vrou wat kameelperd skiet
2021-02-26"Hoewel sy ook steun op sosiale media ontvang vir haar uitgesproke standpunt ten gunste van trofeejag, was die meeste reaksies uiters negatief teenoor haar."
Verdere verligting van COVID-19-inperkings gevra
2021-02-25"Daar word gegis dat die nasionale inperkingsregulasies as gevolg van COVID-19 binnekort verder verslap kan word. Dit volg na Woensdag se kabinetsvergadering en die voortgesette daling van die gemiddelde aantal nuwe infeksies van COVID-19."
Regering verswyg ware matrieksyfers, sê DA
2021-02-24"Terwyl die minister van basiese opvoeding, Angie Motshekga, met ’n slaagsyfer van byna 80% spog, sê die DA die ware syfer is bykans die helfte minder as die groot uitvalsyfer van skoliere wat voor matriek die skool verlaat in ag geneem word."
Die President waarsku teen ondermyning van die Grondwet
2021-02-23"Ramaphosa sê in sy nuusbrief die land se demokratiese Grondwet is die produk van jare se opoffering en stryd."
Talle vrae na bekroonde joernalis vals nuus versprei
2021-02-19"Die voorval, wat die reeds beleërde media opnuut in ’n geloofwaardigheidskrisis gedompel het, spruit uit ’n rubriek wat Pauw in verlede week se aanlyn koerant Daily Maverick geskryf het."
Gedrukte koerante op hul sterfbed
2021-02-18"Moneyweb wys op hulle webwerf daarop dat die afname in dagblaaie se sirkulasie geen nuwe of slegs ’n Suid-Afrikaanse verskynsel is nie."
Suid-Afrika steeds opgeskeep met "nuttelose" entstof uit Indië
2021-02-17"Suid-Afrika sit op die vooraand van ’n massiewe landwye inentingsveldtog teen COVID-19 steeds opgeskeep met die een miljoen dosisse AstraZeneca-entstof uit Indië waarmee plaaslik niks uitgerig kan word nie. Netwerk24 berig dat die eerste besending (vermoedelik 80 000 dosisse vir gesondheidswerkers) van die Johnson & Johnson (J&J)-entstof het Dinsdagaand by die OR Tambo-lughawe in Kempton Park arriveer. Dit is oornag na 20 entstof-sentrums in elke provinsie versprei."
Die Nederlandse aandklokreël deur ’n regter opgehef
2021-02-16"Die aandklokreël wat aan die einde van Januarie in Nederland afgekondig is en soveel woede veroorsaak het, is enkele ure gelede deur ’n regter ongeldig verklaar. Dit moet onmiddellik opgehef word."
Zondo wil Zuma tronk toe laat stuur
2021-02-16"Die voorsitter van die staatskapingkommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, sê sy kommissie gaan die Konstitusionele Hof vra om vir Zuma tronk toe te stuur as bevind word dat hy die hof se beslissing geminag het om voor die kommissie te verskyn."
Geen einde in sig van nasionale ramptoestand nie
2021-02-12"Die meeste waarnemers sê Suid-Afrikaners moet soos die res van die wêreld besef die hele landskap van hulle bestaan het verander."
Laaste pogings om onteiening sonder vergoeding te stop
2021-02-11"Die wetsontwerp is in Oktober 2020 gepubliseer en aan die parlement en die relevante komitees voorgelê om die grondwetlikheid en mandate daarvan te bespreek. Die publiek kon kommentaar oor die wetsontwerp indien tot die oorspronklike sperdatum van 10 Februarie vanjaar, wat intussen verleng is tot 28 Februarie."
Ses van wêreld se gevaarlikste stede is in Suid-Afrika
2021-02-10"Die statistiekwebtuiste Numbeo.com, wat dié opname doen oor lewenskwaliteit, hoe duur dit is om stede te woon, misdaadindekse en eiendomskoste regoor die wêreld, sê die opname oor misdaad in stede vir 2021 was ’n persepsie-indeks wat gebaseer was op respondente se gevoelens oor misdaad eerder as op misdaadstatistiek."
Verwarring oor doeltreffende COVID-19-entstof vir Suid-Afrika
2021-02-09"Navorsing het aangedui dat die AstraZeneca-entstof slegs 22 persent doeltreffend is om matige gevalle van die Suid-Afrikaanse variant van die virus te verhoed."